Lees ook: Nog ‘n ondersoek begin teen Russell Brand
KZN. – Vier leerlinge is Maandag oorlede in ‘n ongeluk op pad huis toe van ‘n troue af. Die leerlinge (tussen 14 en 16 jaar oud) was in die Gekombineerde Skool Groenvlei in die Amajuba-distrik.
Nog 11 leerlinge was saam met die vier oorledenes in die trok. Daar was glo minstens 30 mense tydens die ongeluk in die trok. Die 11 ander leerlinge is na nabye hospitale geneem vir behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar word ondersoek.
Bronne: IOL, News365, VN Explorer





