Brekende Nuus
Afrikaans

Altesaam 16 beseer toe motor, taxi en vragmotor bots

Drie persone is ernstig en 13 ander gering beseer toe drie voertuie gebots het.

Beserings toe drie voertuie bots
Foto: KwaZulu Private Ambulance Services

KWAZULU-NATAL. – Altesaam 16 persone is beseer toe ‘n motorvoertuig, minibustaxi en vragmotor gisteraand op die R34 Mthonjaneni naby Ulundi in ‘n ongeluk betrokke was.

Volgens Chantelle Botha, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Services, sê ‘n minibustaxi en motorvoertuig het gebots, wat die botsing tussen dieselfde motorvoertuig en ‘n vragmotor veroorsaak het. Die minibustaxi het beheer verloor en is teen ‘n wal af.

Drie insittendes is ernstig beseer en 13 ander het geringe beserings opgedoen. Al die beseerdes is eers op die toneel behandel alvorens hulle vir verdere mediese hulp na hospitatle geneem is.