Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe
LIMPOPO. – ‘n Man wat glo uit polisieaanhouding in ‘n hospitaal ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.
Thabo Ali Molobela (35), wat glo ses mense op 19 Augustus in die Makgophong Village geskiet het en daarna homself geskiet het, het meer as ‘n week gelede uit ‘n hospitaal ontsnap.
Hy is Dinsdagaand op Hoedspruit in hegtenis geneem na die polisie inligting ontvang het dat hy daar is. Sy ontsnapping word steeds ondersoek.
Molobela het glo twee mense doodgeskiet en vier mense beseer. Hy het glo sy vrou, hulle kind en nog familielede wat in ‘n kar was, geskiet. Hy en sy vrou het glo huweliksprobleme gehad. Toe mense hulle wou help om dit op te los, het dit ‘n skietery geëindig.
Molobela se saak is tot 11 Oktober uitgestel.
Bronne: IOL, News365, The Africa
Lees ook: Weerdiens waarsku teen hittegolwe





