Brekende Nuus
Afrikaans

Ma vir ‘kinderverwaarlosing’ in hegtenis na sy baba vir meer as week los

'n Ma is deur die polisie in hegtenis geneem nadat sy glo haar baba in die sorg van haar gestremde rolstoelgebonde kêrel gelos het.

Ma vir kinderverwaarlosing in hegtenis geneem
Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Ma (28) is op 4 Oktober nadat sy glo haar baba van twee maande vir dae in haar gestremde rolstoelgebonde kêrel se sorg gelaat het, deur speurders by ‘n huis in Rocklands in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Sers. Mahlolmola Kareli sê die Kagisanong-polisie is op 27 September vir beweringe van kinderverwaarlosing na die betrokke huis ontbied.

Die baba is in die sorg van die gestremde rolstoelgebonde kêrel gevind, maar die ma was nêrens nie. Die baba is eers vir mediese waarneming en daarna na ‘n plek van veiligheid geneem.

Mangaung-GKS het na die ma begin soek. Sy het glo eers sewe dae na die baba uit die kêrel se sorg verwyder is, die aand by die huis opgedaag en is in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek waar sy vir die tydperk was. Sy sal Vrydag in die hof verskyn.