Boer Soek ‘n Vrou Seisoen 16 skop af

Lees ook :

Foto: kykNET

Boer Soek ‘n Vrou skop Seisoen 16 af met 10 boere wat na liefde soek. Seisoen 16 sal weer deur Marciel Hopkins aangebied word.

In hierdie reeks neem boere van sewe provinsies deel en twee van hulle is vroue.

Indien jy wil inskryf, moet jy ouer as 21, ongetroud, geskei of ‘n weduwee of wewenaar wees en moes jy, voordat die horlosie middernag op 30 November slaan, reeds op een van die voorgeskrewe maniere belangstelling in jou gunstelingboer getoon het. Om te sien hoe, gaan na Boer Soek ‘n Vrou se Facebook-blad en volg die instruksies.

Hier is die tien boere:

André (31) van Modimolle is ‘n vee, wild- en pekanneutboer.

Daandré (26) van Brits is ‘n groenteboer.

Hendri (31) van Dewetsdorp is ‘n bees, skaap- en olyfboer

Jacques (26) van Venterstad is ‘n bees- en skaapboer

Janco (37) van Colesberg is ‘n bees, skaap- en wildboer

JW (23) van Villiersdorp is ‘n appel-, peer- en skaapboer

Lulani (40) van Philippolis is ‘n bees- en skaapboer

Niel (30) van Dannhauser is ‘n vee- en saaiboer

Quintus (38) van Winburg is ‘n vee- en saaiboer

Sanel (39) van Dwaalboom is ‘n wild- en beesboer

Foto’s behoort aan kykNET

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief