Sowat 19 verdagtes ná massahuisroof gesoek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ’n 36-jarige buitelandse man moes noodgedwonge Woensdagoggend in die plafon van ‘n huis wegkruip toe sowat 19 gewapende verdagtes by ’n huis in Mokgwathi Village ingebreek het.

Volgens polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die man omstreeks 03:30 wakker geword nadat hy harde geluide, gevolg deur geweerskote, by die hek en in die erf gehoor het. Die verdagtes het die huis se deur oopgedwing en sy kamer binnegegaan waar hulle ‘n onbekende bedrag geld en voertuig­sleutels buit gemaak het. Hulle het daarna by nog 11 kamers ingebreek en ook daar onbekende bedrae geld gesteel. Die verdagtes het die man se Toyota Hilux, ter waarde van sowat R150 000, gesteel en die toneel in twee Toyota Quantum-minibusse en die wit bakkie verlaat.

’n Soektog na die sowat 19 manlike verdagtes is aan die gang. Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan sers. Lily Ncwana by 079 722 9596 bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief