KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is dood en nog een lig beseer, beide vermoedelik polisielede, in ‘n skietvoorval Maandagoggend in Oribistraat, Pietermaritzburg.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê daar is na die toneel, waar die SAPD reeds teenwoordig was, gehaas.
‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, het noodlottige skietwonde opgedoen en is dood verklaar. Nog ‘n man met geringe beserings is op die toneel behandel en het in die teenwoordigheid van SAPD op die toneel gebly.
Jamieson sê daar is ‘n vermoede dat beide die twee mans polisielede is. Hulle het glo ‘n rusie gehad waartydens die skietery plaasgevind het.
Die SAPD ondersoek die tragedie.
Bron: ALS Paramedics
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





