DURBAN, KWAZULU-NATAL. – In ‘n video op sosiale media kan gesien word hoe werkers twee selfgemaakte houers gebruik om opgedamde reënwater in ‘n 20 liter emmer te skep. Die proses word herhaal nadat die emmer leeggemaak is.
Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) het volgens IOL gesê die werkers het na swaar reën die water so opgeskep.
FiND iT is nie seker wie die video gemaak het nie, maar die man sê die proses word oor en oor herhaal en indien dit weer reën, bly die proses dieselfde.
IOL sê die TNPA het in ‘n verklaring gesê hulle is van die video bewus. Die voorval het by ‘n terminaal in privaat besit by die Durban-hawe gebeur.
Die operateur van die privaat terminaal het aan die hawe-owerheid, wat die metode veroordeel het, te kenne gegee dit is die eerste keer dat dit gebeur. Die hawe-owerheid het ‘n meer effektiewe metode voorgestel om die water uit te pomp.
Volgens die hawe-owerheid het die ingenieurspan kontrakteurs aangestel om onder meer probleme soos slaggate en opgedamde reënwater aan te spreek, waarvan die werk eers in 2024 voltooi sal wees.
Bron: IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





