Lees ook: Veranderinge vir WhatsApp
WhatsApp het hulle gebruikers gewaarsku hulle gaan moet betaal as hulle ou foto’s en boodskappe wil hou wat die limiet van 15GB gratis stoorplek oorskry.
WhatsApp het gesê mense met Android-selfone se WhatsApp-foto’s en -boodskappe sal bygereken word by hulle 15GB gratis Google-stoorplek. As gebruikers meer as 15GB gebruik, gaan hulle moet betaal om meer stoorplek te kry.
Google het gewaarsku dat rugsteunlêersWhatsApp
(backup) van WhatsApp op Android bygetel gaan word vir hoeveel stoorplek jy op Google het.
Die nuwe reëling sal vroeg in 2024 vir Android-gebruikers van krag word. Volgens Google en WhatsApp sal dit sekuriteit vir gebruikers verbeter.
Bronne: IOL, The Independent, Yahoo News
Lees ook: Veranderinge vir WhatsApp





