Brekende Nuus
Afrikaans

Wees die naweek gereed vir beurtkrag

Eskom het gesê 4 700MW opwekkingskapasiteit behoort teen Sondagaand weer terug in die stelsel te wees.

Beurtkrag gaan voort die naweek
Beurtkrag gaan voort die naweek

Lees ook: Vermy beurtkrag, besoek Buco

Eskom het aangekondig wisselende beurtkragfases sal die naweek voortduur.

Fase 3-beurtkrag sal van 16:00 vandag tot 05:00 ingestel word. Daarna is dit fase 2-beurtkrag van 05:00 tot 05:00 Sondag. Sondag is dit fase 1-beurtkrag tot 16:00.

Eskom het verduidelik vertragings om vier opwekkingseenhede weer aan die werk te kry en onbeplande kapasiteitonderbrekings is die rede vir die wisselende fases. Teen Sondagaand behoort 4 700MW opwekkingskapasiteit terug in die stelsel te wees.

Eskom het gesê enige veranderinge sal aangekondig word.

Bronne: IOL, The Citizen, Energy Central

Lees ook: Vermy beurtkrag, besoek Buco