OOS-LONDEN. – Lede verwant aan die Oos-Londense vliegspan het Dinsdagaand omstreeks 18:20 drie beweerde rowers tussen die ouerdom van 24 en 27 vasgetrek.
Polisie het inligting van ’n gewapende rooftog in Quigney ontvang. Met hulle aankoms op die toneel het hulle ontdek dat die rooftog reeds in Desember 2023 plaasgevind het.
By verdere ondersoek het hulle inligting van die verdagtes, wat na bewering by die Desember-rooftog betrokke was, ontvang. Die inligting is opgevolg en drie verdagtes is in ’n nabygeleë gebied aangetref.
’n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is in die verdagtes se besit gevind. Hulle het inligting verskaf oor waar die beweerde gesteelde goedere deur hulle verkoop is. Volgens die SAPD is daar ook dagga in die verdagtes se besit gevind.
Al drie verdagtes is vir gewapende roof, die besit van dagga en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem.
Bronne: SAPD, Twitter





