Polisie-offisier van Valke in ‘kaping’ dood

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Lt.kol. Sikhetho Mawila (63), verbonde aan die kantoor van die Valke se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke in Durban, is Maandag dood in ‘n oop veld in Tsakane gevind.

Kol. Philani Nkwalase sê lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die brutale moord sterk veroordeel.

Mawila was deel van die Valke se waarheids- en versoeningskommissie.

Na bewering het Mawila Saterdag omstreeks 14:00 sy huis in Tsakane in sy blou Kia verlaat. Hy was glo vir werk onderweg na Durban en sou volgens familielede by ‘n vulstasie op Heidelberg brandstof ingooi. Nadat daar na ‘n uur niks van hom gehoor is nie en hulle hom nie op sy privaat of amptelike selfone in die hande kon kry nie, het hulle bekommerd geraak. Hy is as vermis aangemeld.

Maandag is ‘n liggaam wat deur ‘n verbyganger in ‘n oop veld in Tsakane-uitbreiding 19 opgemerk is aan die polisie gerapporteer.

Die oorledene, wat positief deur sy familelede as Mawila uitgeken is, is op die toneel met kopbeserings aangetref. Hy het twee skietwonde en drie steekwonde gehad.

Nkwalase sê sake van moord, ontvoering en kaping word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief