Lees ook; VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood
POLOKWANE. – ’n Skoolhoof (49) en nog ’n manlike verdagte is in hegtenis geneem vir die beweerde moord op ‘n werknemer van die departement van onderwys, dr. Malekutu Johannes Mehlape (56) in Desember.
Mehlape is 28 Desember 2023 in sy huis in Mankweng Zone 1 doodgeskiet.
Nog drie mans is vir die moord op Mehlape in hegtenis geneem. Al vyf verdagtes sal vandag in die hof verskyn vir ’n formele borgaansoek.
Volgens die polisie het die verdagtes Mehlape se dogter ingewag en haar in die huis ingedwing. Hulle het haar pa gaan soek en geld geëis. Hy het vir hulle geld gegee en is toe geskiet. Die verdagtes het van die toneel gevlug na hulle glo nog iemand wat in die huis was beroof het.
Die polisie ondersoek nog die moord en nog inhegtenisnemings word verwag.
Bronne: SAPS
Lees ook; VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood





