Lees ook: VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood
THAILAND. – ‘n Vrou is in hegtenis geneem na ‘n video versprei het van haar troetelleeu wat in ‘n Bentley rondgery word.
Die leeu was vasgeketting op die agtersitplek van ‘n wit Bentley. Die bestuurder is glo ‘n Sri Lankaan wat met sy vriendin se leeu rondgery het.
Sawangjit Kosoongnern is aangekla van die besit van ‘n wilde dier sonder toestemming na sy die leeu gekoop het sonder om dit te registreer.
Die man wat die leeu aan haar verkoop het, word ook aangekla van die skuif van ‘n dier sonder toestemming.
Kosoongnern se vriend wat met die leeu rondgery het, word deur die polisie gesoek, maar hy het oënskynlik die land verlaat.
Bronne: BBC, The Star, The Straits Times
Lees ook: VN-skuiling in Gaza getref, 12 dood





