SUID-AFRIKA. – SA Rugby het gister ’n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat hulle direkteur van rugby, Rassie Erasmus (51) in ’n hospitaal aansterk na ’n mediese prosedure. Hy het na bewering brandwonde opgedoen as gevolg van ’n fratsongeluk met sterk skoonmaakmiddels.
Volgens SA Rugby is hy verder gesond en sal hy na verwagting na ’n paar weke voltyds terugkeer werk toe.
Hulle is vol vertroue dat hy weer in aksie sal wees wanneer die Springbokke op 6 Julie teen Ierland in Pretoria te staan kom.
Boodskappe vir spoedige herstel het sedertdien die rondte op sosiale media begin doen.

Bronne: SA Rugby, The South African




