ERMELO, MPUMALANGA. – ’n Man is Saterdagoggend oorlede toe die ligte vliegtuig waarvan hy die vlieënier was kort na 7:00 naby Ermelo neergestort het.
’n Saak van strafbare manslag word deur die Burgerlugvaart-organisasie van Suid-Afrika en die SAPD ondersoek.
Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man alleen in die vliegtuig was.
Volgens kol. Donald Mdhluli wil dit voorkom of die vliegtuig van Betlehem in die Vrystaat na Malawi onderweg was. Dit het glo kort nadat dit van die Ermelo-vliegveld opgestyg het, neergestort.
Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale kommissaris, het haar medelye teenoor die familie van die oorledene, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, betoon.
Bronne: SAPD, Caxton News, Twitter





