SUID-AFRIKA. – Die Afrikaanse sangers, Joshua na die Reën (JNDR) en Karlien van Jaarsveld, het saamgespan om ’n duet getiteld, Beter vir ons albei, op te neem. Die enkelsnit is amptelik Vrydag vrygestel.
Jacques de Villiers, oftewel JNDR, sê die inspirasie agter die skryf van die liedjie het gekom nadat hy die nuus van ’n vriend se pa se afsterwe ontvang het. Hy glo slegte gebeure word soms as bakens op mens se pad gesit om jou op die regte pad te hou.
Die produksie is deur Gideon Botes en Starburst Promotions behartig.
Karlien van Jaarsveld meen dit was ’n fees om saam met De Villiers te werk. “Hy kyk dieper na dit wat voor hom is,” het sy gesê.
Danelle, De Villiers se vrou, het glo dadelik aan Karlien gedink toe sy die eerste keer die lied gehoor het. “Sy het Karlien se stem in die lied gehoor. Ek was bly toe Karlien ingestem het,” het De Villiers gesê.
Luister hier na die enkelsnit:
Bronne: Distrokid, Samdb, Galoresa




