Man brand erg tydens beweerde kabeldiefstal

Lees ook :

Die man het ernstige brandwonde opgedoen. Foto: Caxton News

EDENVALE, GAUTENG. – ’n Man het verlede Donderdag ernstige brandwonde opgedoen toe hy glo kragdrade wou steel. Volgens berigte het die voorval by ’n transformator in Karaglen plaasgevind.

Caxton News berig ’n ooggetuie het gesien hoe die brandende man in ’n parkeerterrein by Karaglen-winkelsentrum rondhardloop. Volgens die ooggetuie het die man om hulp geroep terwyl hy in vlamme gehul was.

Hy het na bewering in die parkeerterrein inmekaargesak. Nooddienste is na die toneel ontbied en hy is na ’n hospitaal geneem.

Kapt. Neldah Sekgobela, Ekurhuleni-SAPD se woordvoerder, sê die polisie is ook na die toneel ontbied en het ’n man met ernstige brandwonde aangetref wat na bewering kabels probeer opgrawe het.

Edenvale-SAPD het ’n ondersoek begin.

Bronne: SAPD, Caxton News, Edenvale News, Bedfordview News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief