Kyk: Die tragiese saak van Pamina Vermaak eersdaags te sien

Lees ook :

Die rolprent is binnekort op DSTV BoxOffice te sien. Foto: kykNET

SUID-AFRIKA. – Kykers kan uitsien na die vrystelling van die rolprent Die tragiese saak van Pamina Vermaak wat op 10 Februarie op DSTV BoxOffice te sien sal wees.

Die rolprent is gebaseer op Annie Klopper se roman wat in 2018 vrygestel is. Dis tydens kykNET se Silwerskermfees in September 2023 vertoon.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak word as ’n romantiese komedie beskryf. Pamina is ’n werklose joernalis wat deur omstandighede terug na haar geboortedorp gedwing word. Daar word sy gedwing om vrede met haarself en die verlede te maak.

Bibi Slippers het die roman selfs as ’n moderne weergawe van Griet skryf ’n sprokie beskryf.

Die rolverdeling sluit Carla Smith, Christiaan Schoombie, Anna-Mart van der Merwe, Lee-Ann van Rooi, Albertus Pretorius en Duane Williams in.

Die lokprent is reeds vrygestel:

Bronne: DSTV, kykNET, Happenings South Africa, LitNet

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief