Brendan breek die eish met drie soene

Lees ook :

Brendon 'soen sy meisies in Afrikaans'. Foto: kykNET

SUID-AFRIKA. – Episode vyf van Op my eish! het drie soene opgelewer. Brendan Peyper en die oorblywende vroue het mekaar beter leer ken in die skilderagtige Clarens-omgewing.

Verskeie openbarings is gemaak. Brendan vind uit hy het al Runet se suster ontmoet. Sonel vind uit haar kamermaat, Janae, het al ’n soen met Brendan gedeel en haar nie vertel nie.

Katja het Brendan se oog gevang. Hulle piekniek onder ’n wilgeboom skep die ideale geleentheid vir hulle eerste soen. Hy verklaar: “Ek gaan verlief raak op die girl, o jinne!”

Rachelle kry alleentyd saam met Brendan en hy soen haar ook. Janae kry die derde soen van die episode.

Christine breek voortydig die nuus aan Natasha dat sy die vrou is wat huis toe gestuur gaan word. Brendan bieg later teenoor Natasha dat hy nie ’n konneksie met haar voel nie en dat hy haar wel moet groet. Hy lyk egter kort daarna spyt.

Brendan het ná die uitsending van gisteraand se episode ’n Instagram-plasing gemaak waarin hy vra of sy aanhangers die episode geniet het, en ook grappenderwys verduidelik die soene het darem nie binne een dag plaasgevind nie.

Episode ses beloof glo danslesse, nog ’n soen en Christine wat iets kwytraak wat sy nie moet nie.

Bronne: kykNET, Terloops

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief