Kyk: Tiener reik Afrikaanse enkelsnit uit

Lees ook :

Jade Nova se eerste enkelsnit is op verskeie platforms beskikbaar. Foto's: HS Centurion en Facebook

CENTURION, GAUTENG. – Jade Nova, ’n leerling aan Hoërskool Centurion, het verlede Sondag 4 Februarie op haar 17de verjaardag haar eerste enkelsnit Wie ek is bekendgestel.

Nova het in Oktober 2023 ’n fondsinsameling in hulle skoolsaal gehou voordat sy die einde van die jaar na Kaapstad is om die lied op te neem. Werner Beukes, musiekvervaardiger, het haar met die opname gehelp.

Sy wou van kleintyd af al ’n sangeres word. Haar deurbraak het gekom toe sy Angie Bouwer as ’n stemafrigter gekry het.

Wie ek is is haar oorspronklike lied wat sy geskryf het om haar identiteit te vind. Volgens haar word die somtotaal van die hele tienerwees-ervaring in die lied vasgevang.

Volg die skakel om na haar enkelsnit te luister:    https://orcd.co/wie-ek-is

Kyk en luister ook hier:

Bronne: Pretoria Rekord, Hoërskool Centurion Facebook-blad, YouTube

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief