Willem Petzer het vanoggend ‘n video-boodskap gemaak oor hom en Tewie Wessels wat op pad is om hulle in opdrag by Groblersdal-polisiestasie te gaan oorgee.
Petzer is emosioneel terwyl hy die video-boodskap maak en sê brig. Espag, die hoof van die speurders in Limpopo het aan sy regspan bevestig dat hulle wel beide in hegtenis geneem gaan word. Daar is klagtes teen die twee gemaak wat tans nog onbekend is en volgens sy plasing blykbaar staatsgetuienis van persone wat die dag van die optog tussen hulle was.
Hy bevestig hy weet hulle gaan beslis in hegtenis geneem word. Dries Olivier, die voormalige burgemeester van Groblersdal, die persoon wat Francois van der Merwe glo probeer beskerm het en hom in die tronk laat beland het, gaan blykbaar ook in hegtenis geneem word.
Dit is nog nie seker watter klagtes teen hulle aanhangig gemaak gaan word nie.
Petzer en Wessels was betrokke by die opgtog in Groblersdal waar Francois van der Merwe in hegtenis geneem is en steeds drie weke later in aanhouding is, hangend ‘n borgtogaansoek wat bly uitgestel word.
NuusFlits het polisiekommentaar gevra.
Hier is wat Petzer in drie verskillende sosialemediaplasings gesê het voordat hy vanoggend die videoboodskap geplaas het:
Willem Petzer en Tewie Wessels nou op pad om hulle te gaan oorgee aan die polisie.
Dis nou tyd om saam te staan vir reg en geregtigheid.
Geliefde vriende, ek sal môre-oggend 6 uur kommentaar lewer oor alles in vandag se Rapport. Dit sal sekerlik die laaste video wees wat u in ‘n hele paar weke van my gaan sien.
Ek gesels môre-oggend om en by 6 uur met julle geliefdes. Dinge gaan nie goed nie, maar ek weet waar my krag vandaan kom.
Gods rykste seëninge op u elkeen. Ek sal nooit ophou staan vir julle nie!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.