GAUTENG. – Altesaam 18 gr. 6-leerders is vandag beseer toe ‘n plafon van ‘n klaskamer van Laerskool Umthambeka in Tembisa op hulle geval het.
Steve Mabona, onderwyswoordvoerder van die provinsie, sê volgens inligting is die leerders wat beserings opgedoen het na plaaslike mediese fasiliteite gehaas. Twee leerders sterk nog by die mediese fasiliteit aan, terwyl die res reeds ontslaan is.
Mabona sê die oorsaak van die insident is nie bekend nie, maar word ondersoek. Meer inligting sal van die skool se bestuurspan en skoolbeheerliggaam verkry word.
Maatskaplike ondersteuning word aan die skool gegee.
“We are indeed concerned by the occurrence of this incident and find it unfortunate that our children were injured in such a manner at school. We would like to wish all affected learners a speedy recovery. Furthermore, we call upon SGB members always be vigilant of challenges faced by their schools and report them to the department for necessary attention,” sê Matome Chiloane, die LUR van onderwys in Gauteng provinsie.





