Brendan en Wells takel mekaar wéér

Lees ook :

Brendan Peyper en Desmond Wells Foto's vanaf hulle Facebook-bladsye

SUID-AFRIKA. – Die Afrikaanse sangers Brendan Peyper en Desmond Wells het na bewering nie die strydbyl na verlede jaar se Ek hou nie van rugby nie-lied en drama begrawe nie. Peyper het Wells Maandag op die naam genoem tydens ’n onderhoud met Martin Bester op Jacaranda FM.

Volgens Wells het Peyper hom uitgelaat oor die genoemde lied waarvan hy glo nie hou nie. Dit volg na die Leeus-rugbyunie aanvanklik nie die lied verlede jaar op hulle speellys wou plaas nie. Wells was ontsteld en het gemeen dit is diskriminasie teen Afrikaanse kultuur.

Peyper het in reaksie daarop gesê Wells moet aanvaar sy lied is nie goed genoeg nie.    

Peyper het tydens Maandag se radio-onderhoud dieselfde bewerings as in Desember 2023 gemaak, soos dat hy van mening is Wells het vals Facebook-profiele. Volgens Peyper het Wells glo die vals profiele gebruik om positiewe kommentaar op sy plasings te maak.

In ’n video waarin Wells sy reaksie oor die onderhoud gee, noem hy dat hy nie kan verstaan waarom Peyper, wat deesdae goeie publisiteit met sy musiek en deur die program Op my eish! kry, steeds ou koeie uit die sloot wil grawe en iemand anders se naam “beswadder” nie.

“Ek vergewe jou, ek spreek jou vry … Ek hoop jy kan êrens in jou lewe vrede en liefde vind,” het Wells gesê.

Navrae vir kommentaar is aan Peyper en Jacaranda FM gestuur.

Bronne: Desmond Wells Facebook-blad, Jacaranda FM, Radio Rosestad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief