Sanger Chris Else het in ‘n video vertel hoe hy, sy vrou Chanelle en Clara (1) amper ‘n misdaadstatistiek geword het, maar deur hulle hond gered is.
‘n Elektriese heining is Woensdagoggend 02:00 geknip, waardeur betreders toegang tot die Else se erf verkry het. Die alarm het om 02:15 afgegaan. Else en die bure het wakker geword. Een van die twee familiehonde op die perseel is met voorwerpe geslaan en gesteek.
Die onbekende aantal persone is toe weer deur die heining uit. Else glo die hond het hulle lewens gered. Hy spreek sy dank teenoor die Here uit.
“Suid-Afrika is nie ‘n veilige plek om te lewe nie.”
Else is nietemin dankbaar dat hulle veilig is en dat die Here hulle beskerm het. Die familiehond was ten tyde van die video in ‘n dierehospitaal opgeneem.
“Ons is so dankbaar vir ons hondekind. Hy is okay.”





