WES-KAAP. – Die lewelose liggaam van ‘n v rou (61) is Sondagoggend omstreeks 11:15 in ‘n huis in Sunbirdrylaan op Langebaan aangetref.
Volgens AO Joseph Swartbooi is Langebaan-polisielede na ‘n klagte ontbied. By die adres het hulle die vrou met verskeie steekwonde aan haar lyf in die huis aangetref. Sy is deur mediese personeel dood verklaar. Die omstandighede en motief van die voorval is onbekend.
Swartbooi sê onbekende verdagtes in die moordsaak word deur die polisie gesoek.
Enigiemand met inligting van die voorval word versoek om die polisie by Stop Misdaad 08600 10111 te bel.
West Coast Medical Rescue is na die toneel ontbied en het ‘n persoon wat nie reageer nie, aangetref. Die persoon is dood verklaar en die toneel is aan die polisie en forensiese deskundiges vir verdere ondersoek, oorhandig.





