Lees ook: Beskadigde onderwaterkabels veroorsaak steeds internetprobleem in SA
Vier onderwaterkabels wat internet aan Afrika verskaf, het gebreek. MainOne, wat een van die kabeloperateurs is, het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dat seismiese aktiwiteit op die seebodem veroorsaak het dat die kabels breek.
Die vier telekommunikasiekabels het Donderdag aflyn geraak, wat internetprobleme regoor Afrika veroorsaak het. Ghana se kommunikasiereguleerder het gesê dit kan tot vyf weke neem om die kabels te herstel.
Die vier kabeloperateurs het saam ’n skip gestuur om die herstelwerk te begin.
Bronne: My Broadband, TechCentral, SABC
Lees ook: Beskadigde onderwaterkabels veroorsaak steeds internetprobleem in SA





