Beskadigde onderwaterkabels veroorsaak steeds internetprobleem in SA

Lees ook :

Beskadigde onderwaterkabels veroorsaak steeds internetprobleem in SA
Beskadigde onderwaterkabels veroorsaak steeds internetprobleem in SA fotokrediet: Canva

Lees ook: Onderwaterkabels veroorsaak internetprobleem in Suid-Afrika

Minstens drie onderwaterkabels wat gebruik word vir telekommunikasie is gister naby die weskus van Afrika beskadig.

Die West Africa Cable System, MainOne en ACE is almal gister beskadig wat veroorsaak het dat talle mense toegang tot die internet verloor het.

Dit is onbekend wat presies die probleem met die infrastruktuur is. Die probleem volg minder as ’n maand na Hoethi-rebelle drie telekommunikasiekabels in die Rooi See beskadig het.

Internetverskaffers het hulle verkeer na alternatiewe werkende infrastruktuur herlei.

MTN het gesê hulle “werk om verkeer deur alternatiewe netwerkpaaie te stuur” en hulle “werk saam met hulle vennote om die herstelproses van die stukkende kabels vinniger te maak”.

Vodacom en Microsoft het ook gesê hulle ervaar probleme as gevolg van die verswakte netwerk.

Dit is onbekend hoe lank dit sal neem vir die probleem om opgelos te word.

Bronne: Jacaranda FM, Daily Maverick, BizCommunity

Lees ook: Onderwaterkabels veroorsaak internetprobleem in Suid-Afrika

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief