Lees ook: Twee beskuldigdes in AKA-moordsaak gaan onskuldig pleit
DURBAN. – Die borgaansoeke van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane gaan vandag voort.
Lindokuhle Mkhwanazi en Siyanda Myeza het verlede week aansoek gedoen om borg en is van plan om onskuldig te pleit. Die ander verdagtes sal vandag aansoek doen om borg en hulle beëdigde verklarings indien.
Al die verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg, geldwassery en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die uitleweringsproses vir die twee verdagtes in Eswatini is aan die gang.
Bronne: IOL, The Citizen, SABC
Lees ook: Twee beskuldigdes in AKA-moordsaak gaan onskuldig pleit





