Lees ook: Bryoni Govender gaan SA by Mej. Supranasionaal verteenwoordig
VSA. – Margot Robbie, Australiese aktrise en filmvervaardiger, se produsentmaatskappy gaan ‘n film maak wat baseer is op die Monopoly-speletjie.
Die Monopoly-film is volgens die Hollywood Reporter al meer as ‘n dekade lank in ontwikkeling. Robbie se maatskappy LuckyChap het eers gister aangekondig hulle en Hasbro Entertainment gaan dit produseer.
Haar maatskappy het onlangs aan Saltburn gewerk en het verlede jaar Barbie produseer, waarin Robbie die ster was.
Dit is onbekend wat in die film sal gebeur.
Bronne: BBC, The Guardian, Evening Standard
Lees ook: Bryoni Govender gaan SA by Mej. Supranasionaal verteenwoordig




