Beweerde huisrowers vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Altesaam sewe beweerde huisrowers, onwettige immigrante van Zimbabwe, is deur ‘n triotaakspan van Diepsloot in Ivory Park, vasgetrek. Hulle is vermoedelik betrokke by die skietdood van ‘n polisielid en ‘n gr. 12-leerder.

Kol. Noxolo Kweza sê die taakspan het inligting van die verdagtes, tussen 20 en 35 jaar, ontvang waarna ‘n span polisielede en metropolisielede sewe verdagtes in ‘n huis in Kaalfontein vasgetrek het. Twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie is in hulle besit gevind.

Kweza sê die verdagtes is suksesvol aan ‘n huisroof in Februarie in uitbreiding 13 verbind. Die taakspan glo die verdagtes het die Diepsloot-gemeenskap geterroriseer.

Ondersoek word gedoen om die verdagtes met nog sake van moord, poging tot moord en rooftogte waartydens ‘n polisielid geskiet en ‘n gr. 12-leerder van die Gekombineerde Skool Diepsloot geskiet is, te verbind.

Die verdgtes het op aanklagte van huisroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en oortreding van die immigrasiewet in die Randburg-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief