Lees ook: Verdediging in Meyiwa-saak vra waarom Kelly Khumalo nie in hegtenis is nie
PRETORIA. – Adv. Thulani Mngomezulu, wat Muzikawukhulelwa Sibiya verteenwoordig, gaan polisiebeskerming kry na twee onbekende mans glo na sy huis toe is om hom te dreig.
Die regter in die saak, Ratha Mokgoatlheng, het die polisie beveel om Mngomezulu te beskerm na twee onbekende mans gisteroggend by sy huis opgedaag het.
Mngomezulu het gesê hy vermoed hulle wou hom beseer of doodmaak, maar kon nie, want sy honde het begin blaf.
Mokgoatlheng het Mngomezulu aangesê om ‘n klag te lê sodat dit bekend is daar was ‘n poging om hom leed aan te doen.
Bronne: IOL, News365, The Africa, Swisher Post
Lees ook: Verdediging in Meyiwa-saak vra waarom Kelly Khumalo nie in hegtenis is nie





