GAUTENG. – Twee verdagtes, onderskeidelik 45 en 70 jaar, sal Vrydag vir beweerde korrupsie in die Roodepoort-landdroshof verskyn. Hulle is Woensdag by Roodepoort se Sassa-kantoor in hegtenis geneem.
Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê ‘n fluitjieblaser het DPCI se ondersoekspan vir ernstige korrupsie van die verdagtes se intensies in kennis gestel.
“They allegedly approached the said employee of SASSA with a proposal of working together in registering elderly social grants employees with the agency.”
Die verdagtes het glo ‘n belofte gemaak dat R1 000 betaal sal word vir elke aansoek wat nie volgens prosedure prosesseer word nie. Die eerste aansoeke met R15 000 is ontvang. Op 24 April is 20 aansoeke en R23 150 ontvang. Beide die verdagtes is in hegtenis geneem.
Tydens deursoeking van die verdagtes se voertuig is op ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie afgekom.
Die verdagtes sal op aanklagte van korrupsie en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.





