Lewenslange vonnis vir verkragting van 4-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Beskuldigde (43) is vir die verkragting van ‘n meisie (4) op 7 Oktober 2022 effektief tot lewenslange tronkstraf deur die Postmasburg-streekhof gevonnis.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die gevonnisde se naam word weerhou om die kind te beskerm.

Daar was ‘n ooreenkoms tussen die ma en die beskuldigde dat hy tydens werksure na die kind sou kyk. Op die betrokke dag het die ma onraad gemerk en die polisie in kennis gestel. Na ‘n lang ondersoek is die beskuldigde in hegtenis geneem. Tydens die verhoor het ‘n dokter oor die kind se beserings getuig. Die slagoffer kon met hulp van die hof se voorbereidingsbeampte die beskuldigde uitwys.

Volgens die beskuldigde was hy onskuldig. Die streeksaanklaer het gesê die beskuldigde het as oom van die kind wat deur familie vertrou was nie berou oor sy aksies getoon nie.

Bewyse deur die staatsgetuienis en die kind se getuienis, ondanks haar ouderdom, het die hof tevrede gestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief