Geregtelike doodsondersoek geloods na 9-jarige glo 10-jarige doodsteek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Die polisie op Bandfort het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat ‘n seun (10) glo op 8 Mei omstreeks 16:00 aan die hand van ‘n seun (9) in Nomzamo Park, Majwemasweu gesterf het.

Kapt. Stephen Thakeng sê die gr. 4-leerders was van afsonderlike skole op pad huis toe toe daar na bewering ‘n bakleiery tussen die twee uitgebreek het. Die jonger seun het glo ‘n mes by sy ouerhuis daar naby gaan haal en die 10-jarige gesteek.

Die polisie is na die toneel ontbied, waar die 10-jarige in sy skoolklere in ‘n ambulans met ‘n steekwond in sy bors gelê het. Paramedici het die vlekrye staalmes, met ‘n swart handvatsel, op die grond uitgewys. Die seun in die ambulans is dood verklaar. Hy is deur sy ma geïdentifiseer.

Thakeng sê die 9-jarige seun is terug in die sorg van sy ouers en maatskaplike werkers is betrokke.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief