LIMPOPO. – Die kop van ‘n man (41) is vanoggend by die hek van ‘n woning in Thohoyandou gekry. ‘n Vrou (32) en vermoedelik haar dogter (10) is met ernstige beserings hospitaal toe geneem. ‘n Verdagte is in aanhouding.
Brig. Hlulani Mashaba sê die polisie het op ‘n klagte van moord en poging tot moord reageer. Hulle het die kop gekry en in die huis die liggaam wat met ‘n tou vasgebind was. ‘n Familielid is op die toneel in hegtenis geneem. ‘n Hamer, graaf en mes, wat vermoedelik tydens die misdade gebruik is, is gekonfiskeer.
Sake van moord en poging tot moord is geregistreer en alhoewel die motief vir die misdade onbekend is, kan huishoudelike geweld nie uitgesluit word nie.
Die verdagte sal binnekort in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.





