Kyk: Moeson lei tot fratsvloede en koue lawa in Indonesië

Lees ook :

Kyk: Moeson lei tot fratsvloede en koue lawa in Indonesië. Foto: Daily Shabah

SUMATRA, INDONESIË. – Nagenoeg 44 mense is dood en nog 15 vermis na fratsvloede en modderstortings die Sumatra-eiland in Indonesië die naweek getref het.

Volgens berigte het die hoë moesonreënval saam met ’n modderstorting en koue lawa vanaf die berg Marapi veroorsaak dat ’n rivier sy walle oorstroom.

Koue lawa, bestaande uit vulkaniese as en klippies, het tydens die hewige reën bergaf gevloei en meer as 3 100 inwoners aan die weste van die eiland laat ontruim.

Na raming is ongeveer 19 mense beseer. Nooddienste het gesukkel om toerusting by die beseerdes te kry omdat die modder dit bemoeilik het.

Slegs twee maande gelede was daar ook ’n fratsvloed in die gebied waarin 26 mense dood is.

Bronne: The Guardian, Sky News, ABC News, X

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief