SOSHANGUVE, GAUTENG. – Speurders ondersoek vier moorde. ‘n Man en vrou is Sondag in ‘n skietery dood. Daarna is ‘n huis met twee meisies in aan die brand gesteek.
Lt.kol. Mavela Masondo sê gewapende verdagtes het na bewering eers by ‘n drinkplek, die Changing Spot Informal Settlement, aangekom en op die mense binne geskiet. ‘n Man en vrou is op die toneel dood en vier is na ‘n mediese fasiliteit vervoer.
Die verdagtes het daarna omstreeks 19:30 glo ‘n shack, waarin twee meisies, 4 en 7 jaar oud, gelê en slaap het, aan die brand gesteek. Beide is op die toneel dood verklaar. Masondo sê voorlopige ondersoek dui aan die verdagtes was glo agter die meisies se pa aan, wat nie tydens die tragedie tuis was nie.
‘n Span speurders werk onverpoos om die verdagtes met behulp van plaaslike inwoners aan te keer.





