Mans ondervra na hulle doodskiste voor Eiffel-toring plaas

Lees ook :

Mans ondervra na hulle doodskiste voor Eiffel-toring plaas
Mans ondervra na hulle doodskiste voor Eiffel-toring plaas fotokrediet: Canva

Lees ook: Olimpiese fakkel nou in Frankryk

PARYS, FRANKRYK. – Drie mans is ondervra en weer vrygelaat na hulle vyf leë doodskiste by die voet van die Eiffel-toring geplaas het.

Volgens die Paryse aanklaer het die mans, burgers van Bulgarye, Duitsland en Oekraïne, Vrydag kiste met ‘n Franse vlag voor die Eiffel-toring neergesit. Die woorde “Franse soldate van Oekraïne” was op die vlag geskryf. Hulle is deur die Franse polisie in hegtenis geneem en aangehou.

Die mans is deur ‘n ondersoekende regter ondervra en toe vrygelaat tot die ondersoek voltooi is. Die plaas van die doodskiste word as ‘n “daad van sielkundige geweld” beskou.

Owerhede in Frankryk is besig om voor te berei vir die Olimpiese Spele wat in Julie begin.

Bronne: First Post, AP News, US News

Lees ook: Olimpiese fakkel nou in Frankryk

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App