Die Springbokke, wat Saterdag teen Wallis op Twickenham, Londen, met ‘n oorwinning van 41-13 geseëvier het, word Dinsdag in Suid-Afrika verwag nadat hulle vlug Sondagaand gekanselleer is.
Volgens ‘n verklaring van SA Rugby moes die span reeds Sondagaand onderweg gewees het om met voorbereidings van die Castle Lager Incoming Series te begin.
Die vlug is egter weens verskeie vertragings gekanselleer en die span is geforseer om ‘n ekstra nag in Londen deur te bring.
Die Springbokke sal laat vanmiddag hulle vlug haal en word Dinsdagoggend vroeg op Ortia (OR Tambio Internasionale Lughawe) verwag.
Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, sal dus eers die span vir die Castle Lager Incoming Series Dinsdag aankondig.
Bron: SA Rugby





