Beeldmateriaal Fox News
VSA. – Donald Trump het Saterdagaand ‘n sluipmoordpoging in Butler, Pennsilvanië, oorleef.
Die voormalige en omstrede VSA-president se regteroor is tydens die poging van ‘n nabygeleë dak raakgeskiet. Die voorval word deur owerhede ondersoek.
In beeldmateriaal kan tydens Trump se toespraak gehoor word hoe skote omstreeks 18:15 opklink. Trump het sy oor vasgehou en na die grond beweeg. Die geheime diens het dadelik reageer en hulleself strategies tussen Trump en enige gevaar geplaas. Daarna word meer skote en uitroepe gehoor, waarna bevestig word “shooter’s down.” Trump word vuis in die lug, wat vir sy ondersteuners sê “fight” van die toneel weggelei.
President Joe Biden het die voorval gekritiseer en was telefonies met Trump in kontak.
Trump het Saterdagaand op Truth Social die volgende gesê: “I was shot with a bullet that pierced the upper part of my right ear. I knew immediately that something was wrong in that I heard a whizzing sound, shots, and immediately felt the bullet ripping through the skin. Much bleeding took place, so I realized then what was happening. GOD BLESS AMERICA!”
‘n Persoon wat die byeenkoms bygewoon het, is tydens die voorval dood en nog een gewond.


Bronne: Fox News, CNN en AP


