Brasiliaanse swemmer huis toe gepos wat saam met kêrel uitglip by Spele

Lees ook :

Brasiliaanse swemmer huis toe gepos wat saam met kêrel uitglip by Spele
Brasiliaanse swemmer huis toe gepos wat saam met kêrel uitglip by Spele fotokrediet: Canva

Lees ook: Adam Peaty toets positief vir Covid na hy silwer by Spele wen

PARYS, FRANKRYK. – Die Brasiliaanse swemmer, Ana Carolina Vieira, is huis toe gestuur na sy en haar kêrel by die Olimpiese Speledorp uitgeglip het om Parys te verken. Beide swemmers het nie in hulle onderskeie items vir die finaal gekwalifiseer nie.

Vieira en haar kêrel, spanmaat Gabriel Santos, het op 26 Julie ‘n goue reël van die Olimpiese Komitee verbreek deur sonder toestemming by die Speledorp uit te glip om Parys te gaan verken.

Die Brasiliaanse Olimpiese Komitee het Vieira teruggepos Brasilië toe en Santos slegs ‘n waarskuwing gegee.

Volgens die komitee was Vieira was “disrespekvol en aggressief” toe sy aangespreek is omdat sy uitgeglip het en dis hoekom sy huis toe gestuur is.

Vieira het op sosiale media gesê sy is na die lughawe toe gestuur sonder enige van haar besittings, maar die plasings is intussen verwyder.

Bronne: Outlook India, Reuters, New York Post

Lees ook: Adam Peaty toets positief vir Covid na hy silwer by Spele wen

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief