Man met baksteen geslaan, veg vir lewe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man is Woensdag in Morlingstraat in Howick met ‘n baksteen geslaan. Hy is kritiek beseer en veg vir sy lewe.

Midlands EMS sê die diens is omstreeks 09:20 vir aanranding na die toneel ontbied. Met aankoms is gevind die man is erg aangerand en het dringende gevorderde lewensondersteunende behandeling nodig. Hy is op ‘n ventilator gesit en is na ‘n hospitaal vervoer nadat hy gestabiliseer is.

Die nooddiens sê alle betrokke owerhede was op die toneel teenwoordig.

Foto: Midlands EMS

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief