Slagoffer van selfoon en kos beroof, geskiet

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (23) is Dinsdagoggend in Old Main Road in Ottawa beroof en is twee keer in sy maag en een keer in sy linkerbeen geskiet.

Reaction Unit South Africa sê hulle was omstreeks 06:10 op die toneel waar die verdagte in bosse langs die pad aangetref is. Na bewering het hy van sy huis in Amouti geloop na waar hy as konstruksiewerker in Ottawa werk. ‘n Wit VW Polo het glo skielik gestop. Drie insittendes het uitgeklim en hom van sy selfoon en kos beroof, voordat hulle op hom geskiet en weggery het.

Rusa sê 14 x 9 mm-doppies is op die toneel gevind. Die man is ondanks ‘n mes wat hy vir selfbeskerming dra, beroof en geskiet.

“Die ernstig beseerde man is deur Rusa-paramedici op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na die hospitaal geneem is.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief