‘Huisrowers’ wat op plaas toeslaan, gaan borg vra

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Vyf verdagtes het Maandag op aanklagte van huisroof, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die Ventersburg-landdroshof voorgekom. Die verdagtes het op 20 September op ‘n plaas in die distrik toegeslaan.

Kapt. Stephen Thakeng sê die verdagtes, 21, 27, 30, 35 en 46 jaar oud, en nog twee verdagtes, het op die betrokke dag omstreeks 06:00 vir Alfred Nkhata (31) met messe en ‘n handwapen gedreig. Hy is vasgebind en beveel om sy gesig te bedek. Meubels en elektriese toebehore is uit die plaashuis op ‘n wit Nissan-bakkie en sleepwa gelaai. Nkhata het geen beserings opgedoen nie. Die polisie is ontbied en ‘n huisroofsaak is geregistreer.

Thakeng sê ‘n dag later is inligting van die verdagtes ontvang. ‘n Operasie is geloods, waarna die verdagtes in die Meloding-woonbuurt opgespoor is. Die polisie het op die vleis van twee varke wat tydens die huisroof geslag is, ‘n wit Nissan-bakkie, sleepwa, gaspistool en messe beslag gelê.

Die hofsaak is tot 26 September vir borgaansoek uitgestel. Die polisie soek nog na die ander verdagtes.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief