Verdagte met groot bedrag geld by Oshoek-grenspos aangekeer

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – ’n 39-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat hy probeer het om onwettig by die Oshoek-grens van Suid-Afrika na Swaziland te gaan. Hy is vasgekeer met R424 800 wat in ’n swart plastieksak versteek was.

Kapt. Dineo Sekgotodi sê  die verdagte is deur die Grensbestuursowerheid opgemerk, deursoek en gearresteer. Die geld is gekonfiskeer.

Sekgotodi het verder gesê die saak is aan die Valke oorgedra, wat die ondersoek oorgeneem het. Tydens ondervraging kon die verdagte nie ‘n verduideliking oor die geld gee nie en die geld is ook nie ingevolge die wet verklaar nie. Hy is gearresteer en vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom aangekla. Die geld is as bewysstukke ingehandig.

Die verdagte sal vandag in die Elukwatini-landdroshof voorkom terwyl die ondersoek voortduur.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief