Brekende Nuus: Geen vervolging in Phala Phala-saak nie

Lees ook :

Foto: Presidensie

LIMPOPO. – Adv. Mihali Ivy Thenga, die direkteur van openbare vervolging, het besluit om niemand in verband met die Phala Phala-saak te vervolg nie.

Adv. Mthunzi Mhaga sê die besluit is geneem na die voltooiing van ‘n ondersoek deur die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoek, van ‘n strafregtelike klagte wat deur mnr. Arthur Fraser by die polisie gemaak is. Die klagte was teen president Cyril Ramaphosa gemaak.

“Die klaer het die SAPD versoek om die optrede van die president en dié van genl.maj. Wally Roode te ondersoek. Daar is beweer die optrede kom op geldwassery en korrupsie neer. Die ondersoeke het ook enige moontlike oortreding van die inkomstebelastingwet en valutabeheerregulasie ingesluit.”

Die klagte van Fraser het gevolg na ‘n inbraak en diefstal van ‘n onbekende bedrag Amerikaanse dollars op die Phala Phala-plaas in Bela Bela (Warmbad) in Limpopo.

Mhaga sê die besluit om nie te vervolg nie, is na ‘n noukeurige beoordeling van alle beskikbare bewyse in die dossier wat deur die DPCI aan die aanklaers voorgelê is, geneem. Die gevolgtrekking is dat daar geen redelike vooruitsig op suksesvolle vervolging is nie.

“Die direkteur vir openbare gevolging het haar besluit geneem in ooreenstemming met die vervolgingsbeleid van die NVG, wat bepaal dat ‘n aanklaer, wanneer hy besluit om strafregtelike verrigtinge teen ‘n beskuldigde in te stel, moet bepaal of daar voldoende en toelaatbare bewyse is om ‘n redelike vooruitsig op ‘n suksesvolle vervolging te bied. Verskeie faktore moet in ag geneem word wanneer die aanklaer getuienis evalueer, veral (i) die sterkte van die saak vir die staat, (ii) die beskikbaarheid van getuienis, (iii) of die staatsgetuies waarskynlik geloofwaardig sal wees, (iv) die toelaatbaarheid van getuienis, (v) die betroubaarheid van getuienis, en (vi) die sterkte van die saak vir die verdediging.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief