OOS-KAAP. – ‘n Verdagte (33) het Woensdagoggend vlugtig op aanklagte van moord en poging tot moord in die Qumbu-landdroshof verskyn.
AO Majola Nkohli sê die saak is vir borgtogaansoek tot 16 Oktober uitgestel. Die verdagte bly in aanhouding en sy identiteit word vir ondersoekdoeleindes weerhou.
Nuusflits het voorheen berig genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, is vol vertroue die polisie volg ‘n positiewe leidraad op. ‘n Span gespesialiseerde speurders is warm op die hakke van die verdagtes wat in verband met die moord op ses gemeenskapspatrolleerders en die poging tot moord op die vier wat beserings opgedoen het, gesoek word. Die leidrade het gedui op voortdurende veediefstalverwante sake tussen die geaffekteerde dorpie en ander naburige dorpe.





