Man op kleinhoewe vermoor

Lees ook :

Foto: Vince Rudolph Facebook-blad

GAUTENG. – Vince Rudolph (68) is Woensdagaand in sy huis op ‘n kleinhoewe in Boltonwold, Meyerton vermoor.

Konst. Tlaleng Moloi sê aan Nuusflits na bewering was die oorledene en sy tuinwerker omstreeks 19:30 tuis in die hoofhuis en agterkamer. Die werknemer het na bewering ‘n geluid gehoor, waarna hy ondersoek ingestel, maar niks vreemds opemerk het nie. Hy is terug na sy kamer en het weer ‘n geluid gehoor. Met verdere ondersoek het hy die voordeur en motorhuis oop gevind. Die voertuig was nie in die motorhuis nie.

Hy het na sy werkgewer geroep en geen antwoord gekry nie, en aangeneem hy is nie tuis nie. Die werknemer is daarna om die huis om verder ondersoek in te stel en het gesien die skuifdeur by die eetkamer is oop. Hy het dadelik hulp van die bure en die gemeenskapspolisiëring ontbied. Rudolph is in die gang in ‘n plas bloed aangetref. Hy het wonde aan sy onderlyf gehad en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof en het ‘n mannejag op soek na die verdagtes geloods.

Moloi sê enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief