Ma doodgeskiet, terwyl kinders aangehou is

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is Woensdagmiddag in ‘n badkamer in Cornubia doodgeskiet, terwyl ‘n babaseun (1) en tienermeisie (16) met ‘n wapen aangehou is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê ‘n oproep vir hulp van bure in Wyk 102 wat twee skote gehoor het, is omstreeks 15:44 ontvang. Beamptes het op die toneel met die meisie gepraat wat haar ma in die badkamer met ‘n skietwond aan haar kop aangetref het.

“Reaksiebeamptes het die vrou in die huis gevind waar sy met haar gesig na bo met ‘n skietwond in die kop in ‘n badkamer op die grondverdieping gelê het. Paramedici het haar dood verklaar.”

Die meisie het aan ‘n vroulike Rusa-beampte vertel sy het van die skool af by die huis gekom en omdat haar ma in die badkamer was, is die deursleutel deur ‘n venster vir haar aangegee. Sy het die voordeur oopgesluit en twee onbekende mans het saam met haar ingegaan.

“Beide het vuurwapens te voorskyn gebring, waarna een verdagte saam met die meisie en haar boetie na die boonste verdieping is. Sy is gevra om nie te praat of haar ma te waarsku nie. Die tweede verdagte het onder gebly. ‘n Kort rukkie daarna het sy twee skote gehoor, waarna die twee mans dadelik die huis verlaat het.”

Die meisie het na onder gehardloop en haar ma met ‘n bloeiende wond aan haar kop aangetref.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief